← Back to Interviews

KOFFIE MET LINDA - MAANDAG 19 OKTOBER @ 11H30 - TONY KNIGHT

· 2 views

KOFFIE MET LINDA - MAANDAG 19 OKTOBER @ 11H30 - TONY KNIGHT – Kolskoot Radio interview
NUWE MUSIEK, ’N SPESIALE LIEFDESVERHAAL! Tony Knight stel met trots sy splinternuwe enkelsnit, “My Sonneblom Vrou”, bekend! Hierdie besondere lied is veel meer as net musiek, dit is ’n verhaal van ware liefde, tweede kanse en ’n liefde wat ná 36 jaar weer blom. Tony en sy eerste liefde, Debbie, het weer bymekaar uitgekom, en dié besonderse liefdesverhaal het nuwe inspirasie aan sy lewe én musiek gegee. Met ’n warm mengsel van pop en country, opregte lirieke en ’n melodie wat jou hart raak, vier “My Sonneblom Vrou” die liefde, omgee, respek en deernis wat ’n mens se lewe werklik besonders maak. Die lied se lirieke en komposisie is deur Suehanie Friedlander behartig, met Matthew Fink aan die stuur van die produksie. Ná die sukses van “Soos Net Jy Kan Verstaan” en “Dis Weer Kerfees” is Tony gereed om musiekliefhebbers weer op ’n emosionele reis te neem met hierdie derde enkelsnit. Gaan luister na “My Sonneblom Vrou” en deel hierdie pragtige liefdesverhaal saam met Tony! Want soms kry ware liefde ’n tweede kans … en soms word daardie liefde ’n lied.

Our Sponsors

Live stream